Blokaspaai Agtergrond

Blokaspaai

Die eerste Afrikaanse blokraaitoepassing (App) vir iPad en iPhone

Blokaspaai LogoShine Interactive is trots om die eerste Afrikaanse Blokraai-App vir die iPad beskikbaar te stel. Blokaspaai kombineer nou op unieke wyse die vreugdes van blokraaisels met tablet-tegnologie. Blokaspaai is nie ’n woordeboek of hulpmiddel nie, maar ’n volledige invul-applikasie wat die blokraai-entoesias die kans gee om pen en papier weg te gooi en die interaktiewe plesiere van ‘n tablet-blokraai te geniet. Blokraaie word in 'n hanteerbare elektroniese formaat aangebied vir alle ouderdomsgroepe. Alles gaan oor die genot van invul en nié die bemeestering van tegnologie nie.

Read More