Blokaspaai Agtergrond

Blokaspaai

Die eerste Afrikaanse blokraaitoepassing (App) vir iPad en iPhone

Blokaspaai LogoShine Interactive is trots om die eerste Afrikaanse Blokraai-App vir die iPad beskikbaar te stel. Blokaspaai kombineer nou op unieke wyse die vreugdes van blokraaisels met tablet-tegnologie. Blokaspaai is nie ’n woordeboek of hulpmiddel nie, maar ’n volledige invul-applikasie wat die blokraai-entoesias die kans gee om pen en papier weg te gooi en die interaktiewe plesiere van ‘n tablet-blokraai te geniet. Blokraaie word in 'n hanteerbare elektroniese formaat aangebied vir alle ouderdomsgroepe. Alles gaan oor die genot van invul en nié die bemeestering van tegnologie nie.

Tydskrifte is deesdae op enige tablet beskikbaar as applikasie, maar die plesier van blokraaie in digitale formaat op jou tablet, ontbreek steeds. Blokaspaai het die kans aangegryp om hierdie leemte te vul vir spesifiek die liefhebber van Afrikaanse blokraaisels.

Blokaspaai werk soos ’n elektroniese publikasie. Sodra die toepassing (App) aangekoop word, kry jy ’n Bonusboek met ses blokraaisels gratis daarmee saam. Elke maand word daar dan nuwe blokraaibundels beskikbaar gestel wat direk en met groot gemak uit die applikasie aangekoop kan word.

Bo en behalwe Blokaspaai se eie BobaasBoeke, bied ons ook die werk van Suid-Afrika se mees deurwinterde en gewildste blokraaiopstellers aan. As jy ’n blokraai-liefhebber is, is die moontlikheid groot dat jou gunstelingraaisels opgestel is deur bekende name soos Anina Roux en haar XWord-span, of Yvonne van Eeden van Penpret. Blokaspaai se verbintenis met hierdie twee top-verskaffers verseker dat die beste gehalte blokraaisels deurlopend vir aanhangers opgestel sal word.

Die toepassing is rééds beskikbaar in die Apple App Store vir beide iPad en iPhone onder die titel "Blokaspaai". Die koste is slegs R 7.99. Alle verskaffers se boeke kan aangeskaf word teen R15.99 en beslaan 24 kopkrap-lekkertes.

www.blokaspaai.com

The first Afrikaans crossword app for iPad and iPhone

Shine Interactive is proud to announce the release of Blokaspaai - the first Afrikaans crossword app. Blokaspaai combines the joys of crosswords with tablet technology. Blokaspaai gives any crossword enthusiast the opportunity to enjoy the pleasure of crosswords in an interactive tablet or smart phone format. Blokaspaai is presented in an intuitive digital format and is suited for all ages. Everything is focused on the joy of completing crosswords while the technology disappears into the background.

Most magazines are currently available in a digital format, but the joys of crosswords, especially in Afrikaans, is still bound to traditional media - until now. Blokaspaai took this opportunity to bring something special to market specifically aimed at enthusiasts.

The app works like any digital publication. As soon as you purchase the app, you get access to a bonus book with six crosswords completely free. Each month Blokaspaai releases additional bundles, conveniently available as an In-App purchase.

Over and above Blokaspaai's own bundles, we bring you the work of South Africa’s most popular crossword compilers. If you love crosswords as much as we do, the chances are good that you’ve encountered well known household names such as Anina Roux and her XWord team, or Yvonne van Eden from Penpret. Blokaspaai’s association with these two top brands ensure that we bring you the highest quality in crosswords on a continuous basis.

The app is already available in the App Store for iPad and iPhone under the title “Blokaspaai” for R7.99. All additional bundles are available at R15.99 and each contains 24 crosswords.

Blokaspaai is also available in English
www.blockispy.com

Blokaspaai op iPad
Blokaspaai op iPhone
Posted in Games and tagged , , , .